Almal van ons beleef soms tye wanneer ons hele wêreld op sy kop gedraai word.  Ons kry soms slegte nuus of beland skielik in ‘n ongeluk of iemand naby aan ons word siek of sterf of ons loop deur onder die trauma van misdaad en baie ander onvoorsiene dinge.  In sulke tye dink ons nie altyd oor die volgende ete of wie die kinders gaan oplaai en of daar nog brood en melk is nie.

Ons gemeente het ‘n bedieningsgroep wat gedurende hierdie tye hulp en ondersteuning verleen soos dit nodig is.  Die ondersteuning wissel tussen om vir die gesin ‘n ete te maak of om dalk iewers te help met ‘n logistieke reëling.  Die groep kommuni-keer met WhatsApp en het reeds ‘n groot verskil in gesinne se lewens gemaak.

Indien jy geroepe voel om hierby in te skakel kan jy asb kontak maak met  ds. Marthinus by 082 337 8734.