Wat doen ek as ek niks kan doen nie?

In die laaste week het die hele wêreld besef dat daar soms dinge is wat groter is as mense se vermoëns.  Die effek van die Corona virus se vinnige verspreiding laat alle mense magteloos voel.  Ons moes alreeds groot aanpassings maak in ons gewone manier van doen en die verwagting is dat ons wêreld daagliks gaan verander na gelang van nuwe inligting.  Wat maak gelowige mense in só ‘n situasie?  Wat doen ons as dit lyk of ons niks kan doen nie? Die Here het ‘n ongelooflike werklikheid in Sy kerk ingebou waarmee ons al baie kere in die geskiedenis geweet het wat om te doen wanneer ons niks kan doen nie.  Ons het al baie kere ‘n geleentheid gesien in tye waar opsies skynbaar opgehou het.  Die doop herinner ons aan hierdie werklikheid wat maak dat ons weet wat om te doen

 

Comments(6)

  1. Reply
    Esme says:

    Wil graag preke ontvang

  2. Reply
    Kathleen Nagel says:

    Het reggekom Dankie vir die mooi boodskap!

  3. Reply
    Louisa Maria Bezuidenhout says:

    Baie dankie vir n insiggewende preek dominee

  4. Reply
    Wilna Rossouw says:

    Dankie ds. Ek weet die Here is groot en almagtig. Ek vrees nie.

  5. Reply
    Willie Rossouw says:

    Diens is goed onder die heidige omstandighede.

  6. Reply
    Frits en Susan van Heerde says:

    Baie dankie Ds vir die baie gepaste gerustellende boodskap, ons waardeer dit opreg. Alles van die beste. Groete.

Post a comment