Ons almal weet hoe dit voel om iewers op ‘n plek aan te kom waar jy nog nie voorheen was nie.  ‘n Nuwe werk, ‘n nuwe skool, ‘n nuwe sportklub of ‘n nuwe vakansieoord.  Aanvanklik voel ‘n mens vreemd en alleen en wanneer daar enige kontakpunt is waarby jy kan aansluit voel jy dat die vreemdheid minder en minder word.  So werk dit ook in ‘n nuwe gemeente.

Ons gemeente se grootte veroorsaak dat dit moeilik is vir intrekkers om sommer net spontaan in te     skakel.  Omdat ons dit weet wil ons dit graag vir intrekkers en besoekers maklik maak om baie vinnig in die hartklop van die gemeente opgeneem te word en tuis te voel.

Die Gasvryheidsbediening bestaan uit lidmate wat Sondae en deur die week help om mense te groet en te verwelkom en toe te sien dat hulle gemaklik is.

Meld asb aan by ds. Marthinus – Tel : 082 337 8734