
Die Kontakbedieningsgroep maak kontak met lidmate bo 80 jaar en mense wat nie altyd in staat is om by die gemeente betrokke te wees of eredienste by te woon nie agv hoë ouderdom, siekte of ander omstandig-hede.
In lyn met ons visiestelling glo ons dat bediening nie bloot in ons kerkgebou plaasvind nie maar op elke plek waar gelowiges mekaar en ander mense se lewens aanraak.
Jy kan hiervan deelwees, al is jou program ook hóé besig. Kontak ds. Marthinus indien jy meer inligting benodig of wil inskakel, dit is ‘n belewenis!
082 337 8734 of vanstadenjm@gmail.com
