Dit is ‘n baie groot voorreg om sedert 2015 deel te wees van die Doringkruinfamilie.  Met ‘n groot liefde vir Jeugbediening en gemeente-ontwikkeling neem ek graag deel aan die span van gemeente-en bedieningsleiers se toewyding aan die bedieninge van ons gemeente.  Ek en my gesin is baie dankbaar dat die Here vir ons die geleentheid bied om saam met ander gelowiges vir Hom te leef.  Ek droom oor ‘n geloofsgemeenskap wat God se prentjie vir ons omgewing raaksien en waar elkeen met sy/haar eie gawes en unieke menswees met oorgawe sal saamloop op die spore van Jesus, die toekoms in.

– ds Marthinus van Staden