Doringkruingemeente het die voorreg om ‘n baie aktiewe groep mense bó 60 jaar te hê. Die groep bestaan uit seniors wat gereeld bymekaar kom, aktiwiteite doen en altyd heerlik saam eet. Die byeenkomste is gewoonlik een keer per maand op ‘n Vrydagoggend in ‘n maand, gereelde uitstappies en ander aksies en geleenthede maak dit ‘n baie besondere kring om aan te behoort.
Kontak gerus vir Estelle Kotzé by 083 319 2858 vir meer inligting oor al die kuiers en geleenthede.
