Kom loer gerus in by ons gemeente. Ons eredienste is op Sondae om 9:00 en ons het in dieselfde tyd ook ‘n Laerskoolerediens en ‘n Tienerdiens in die ARK (Jeugbedieningslokale agter in die saal). Daar is baie geleenthede om deel te word van ons gemeente se bedieningsgroepe naamlik ons Kontakbediening, Hospitaalbediening, Hulpverlening, Bybelverspreiding, Multimediabediening, Gasvryheid, Bybelstudie, Goue Jare (Seniorbediening), Jeug en Gesinsbediening, Kleingroepbediening en Diensspan vir Gedenkdienste. Ons gemeente leef as dissipels van Jesus vanuit die volgende waardes: Verantwoordelikheid in ons omgang met God se Woord, Gasvryheid en ruimte, Eensgesindheid vir 'n groter doelwit, Toegespits op alle lewensfases, Uitnemendheid (excellence), Diensbaarheid, Sinvol en relevant. Ons droom is dat ons Jesus se hande en voete kan wees op elke plek in Sy koninkryk.

ONLANGSE FOTOS

Meer Fotos